Graad R Klas van 2011



Die Graad R groep van Laerskool Rooihuiskraal het gister aand, 29 November hul graderings funksie gehad by die skool.

Gedurende die geleentheid het die Mr. Ferdie Maree, skool hoof, elke skolier se hand geskud en vir elk 'n graduasie sertifikaat gegee en geluk gewens met die besonderse prestasie.

Elke leerling was pragtig geklee in hul eie toga en hoed. Die klas onderwysers van elke groep het hulle name geroep, dan het die betrokke leerling vorentoe gekom en hulle sertifikaat ontvang. Dit het ook tepaard gegaan met die leerling se beoogde beroep en soms die rede hoekom hul die beroep wil nastreef. en toekoms planne in die form van beroep aangekondig.

Na afloop van die geleentheid was daar te ete en te drinke in die foyer van die saal gewees wat ook pragtig versier was.

Dit was 'n prag geleentheid wat weereens bewys het watter bonormale gehalte onderrig Laerskool Rooihuiskraal bied.

Al die fotos is beskikbaar by Album 1 en Album 2

Popular Posts