Wii-Els
So gister besluit ons toe nou om 'n Wii te koop, vir die kinders. Ja pappa en mamma sal ook speel, maar ons se maar dis vir die girls.
Ek het die Dion Wired advertensie gesien, so ons het daar begin, maar hulle was uit stock uit. Toe maar gou PnP probeer, maar hulle het net die een wat 2 ekstra games by het, en dan 'n duisend rand meer is. Toe oorgestap na Toy Zone, maar hulle ook uit stock uit. Die laaitie by Toy Zone noem toe dat Toys-R-Us enige prys sal wen, so toe skiet ons soontoe.
Die prys op die rak is toe nou die goedkoopste teen R2990 vir die masjien. Maar mens hoes nog 'n verdere R1040 vir die 2de remote en Numchuck, want soos enige console, kom die ding net met 1 stel.
En wat dink ons? Wel Beatrix het my gewen met die 10 pin bowling, maar hulle vang nie die ander games nie. Die ding is die reflekse is nognie daar nie. Om te reageer op 'n bal wat geslaan moet word, is nognie heeltemal in plek nie. Darem is die 10 pin bowling en golf nie reaksie sport nie, maar eerder mik en gooi/slaan, so dit gaan nie te sleg nie.
Goeie kopie, vra my oor 'n week of so, pappa moet nog bietjie oefen!